Splinternuwe Suzuki Swift die ster by die Motorfees

0
Splinternuwe Suzuki Swift die ster by die Motorfees
Die nuwe Suzuki Swift. FOTO: MOTORPRESS

Suzuki Auto sal die vierde, en gevorderdste generasie van sy Swift, by vanjaar seMotorfees (Festival of Motoring oftewel FOM) by Kyalami ten toon stel.

Die splinternuwe Suzuki Swift het in Maart die eerste keer gesig gewys by ’n wêreldwye onthulling en dit is sedertdien in groot markte, waaronder Japan, Indië en Europa, te koop. Die Suid-Afrikaanse bekendstelling geskied dié lente met nie minder nie as vyf modelle in die reeks.

“Die Suzuki Swift het Suid-Afrikaners in 2008 aan die Suzuki-handelsmerk bekendgestel en sedertdien meer as 85 000 eienaars hier gevind. Vandag lei die Swift gereeld sy segment en selfs die passasiersvoertuigmark in die algemeen.

Ons weet aanhangers by die Motorfees en daar buite in die in die algemeen is opgewonde oor die nuwe vierde-generasie-model,” sê Brendon Carpenter,handelsmerkbemarkingsbestuurder van Suzuki Auto Suid-Afrika.

Die Swift is in alle opsigte nuut, met nuwe innovasies in die dryfstelsel (wat ’n gladde en spaarsamige nuwe CVT-transmissie insluit), vering, onderstel en stuur en binneontwerp.
Suid-Afrikaanse liefhebbers kan meer verwag van die vierde-generasie-Swift.

Die Swift sal in drie spesifikasievlakke beskikbaar wees, naamlik GL, GL+ en die luukse GLX-model en as ’n bonus vir liefhebbers, sal die GL+ en GLX modelle beskikbaar wees met die keuse tussen ’n handratkas of ’n CVT-transmissie.

Vanaf die wiele en bande het die nuwe Swift ’n splinternuwe wielontwerp wat by 14″-staalwiele op die GL-model begin en groei tot 15″-allooiwiele op die middelvlak GL+-model en gepoleerde, diamantgesnyde allooivellings vir die topspesifikasievlak, die GLX.

Die wiele is nie die enigste sigbare verskil van buite af tussen die drie spesifikasievlakke nie. Die GL en GL+ kan ook uitgeken word aan hul halogeen-kopliggroep met dagryligte (DRL’s), terwyl die GLX-modelle se voorste ligte, ook die DRL’s en mislligte, LED-ligte is.

Die hoofligte skakel outomaties aan. Agter is al die ligte LED-ligte en daar is ook ’n ooghoogte remlig.

Bykomend, bied die hele reeks nuwe Swift-modelle meer as wat in hierdiesegment te wagte is.

Dit sluit in buffers, deurhandvatsels en kantspieëls in bakkleurafwerkingn, ’n blink klavierswart boonste deel van voorste sierrooster en geïntegreerde flikkerligte in die kantspieëls.

BRON: MOTORPRESS

No posts to display