Spinning verskuif na Sondag

0
1684
Die naweek se spinning verskuif nou na Sondag. FOTO: MEGZ PHOTOGRAPHY

‘n Spinning-dag vir motorgeesdriftiges wat op Saterdag 3 Maart 2018 by die Grasland-arena in Fase 6, Bloemfontein gehou sou word, verskuif nou na Sondag 4 Maart.
Volgens Selwyn Olivier, een van die organiseerders, moes hulle noodgedwonge die geleentheid skuif weens onvoorsiene omstandighede.
Maar Olivier sê hoewel die spinning nou Sondag gehou word, kan mense steeds uitsien na ‘n dag gevul met opwinding langs die motorbaan, waar 12 motor-spinners sal sorg vir vermaak vir die hele gesin.
Olivier het vroeër die week aan Bloemfontein Courant gesê die plan is om elke tweede maand ‘n spinning-dag in Bloemfontein aan te bied en om by elke toekomstige gebeurtenis nuwe deelnemers te sien.
Sondag se spinning sal om 12:00 begin en tot laat aanhou. Kaartjies vir volwassenes kos R20 per volwassene en R10 per kind. Kontak gerus vir Selwyn by 081-397-3483 of vir Gerald by 074-894-2750 vir verdere inligting. – Zilke Prinsloo