Speletjies in die gemak van jou huis

0
350
Adél Coetzee bied Vrydag ‘n speletjiesaand aan vir enige persoon wat wil saamspeel.

Die inperkingstyd het aan talle entrepreneurs die geleentheid gegee om met oorspronklike idees en “nuwe uitvindsels” in die “nuwe normaal”-tyd vorendag te kom.

Een van hierdie geleenthede word Vrydag 19 Junie om 19:00 gehou wanneer deelnemers uitgenooi word na ‘n Zoom-partytjie waar die verteenwoordigers van Green Cat Organic Health Products ‘n speletjiesaand hou en mense in die gemak van hul sitkamer kan saamspeel.

Volgens Adél Coetzee sal daar ‘n paar speletjies, soos onder meer Pictionary en Scattergories, as ‘n groep saam gespeel word. Die speletjiesaand gaan ook in ander provinsies op die selfde tyd gespeel word.

Coetzee het aan Bloemfontein Courant vertel hoedat sy besluit het op ‘n partytjie waar sy aan mense meer kan vertel van die Green Cat-produkreeks. Volgens haar moet elke maatskappy nou nie net aan unieke idees dink om hul produkte te bemark nie, dit moet op ‘n veilige manier geskied. Die speletjiesaand dien nie net om sosiaal te verkeer nie, maar ook om meer te wete te kom van natuurlike gesondheid.

“Hoe dit gaan werk, is: ons het ‘n WhatsApp-groep gestig waarin ons ‘n uitnodiging na ‘n Zoom-byeenkoms deel. Almal wat belangstel, kan dit dan gebruik om deel te wees van die speletjiesaand deur middel van die Zoom-‘app’.”

Coetzee sê hulle wil met die speletjiesaand probeer om mense meer te leer oor natuurlike gesondheid en genesing, terwyl hulle pret kan hê.

Sy nooi mense uit wat eerskomende Vrydagaand aan die speletjiesaand wil deelneem om haar te kontak by 079- 502-0668 en plek te bespreek aangesien daar beperkte ruimte is vir tot en met 100 mense. Deelname is geheel en al gratis en enige iemand is welkom.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za