Uithalerspel is deur veerpyltjies-spelers op die jaarlikse Motheo Ope in Bloemfontein gelewer.
Spelers oor die hele Vrystaat en Kimberley het meegeding en nie minder as 14 voltalle (180) is gegooi nie.
Die spankompetisie is deur Rebels van Welkom met Kobus van Rensburg, Henry Swartz, Johan Benade en Judy Marx as lede gewen.
In die enkelspel vir mans het Johan Benade van Welkom koning gekraai met Jaco Jacobs van Bloemfontein tweede. Die vroue-wenner was Juliana Olivier van Kroonstad met Judy Marz van Welkom in die tweede plek.
Die uitslae is:
Spanne: 1. Rebels van Welkom (Kobus van Rensburg, Henry Swartz, Johan Benade en Judy Marx). 2. Lekker Man van Bloemfontein (Jaco Fouri, Carien Els, Eddie Esterhuizen en Franscious Oelofse).
Dubbelspel, mans: 1. Eddie Esterhuizen en Jaco Fourie (Bloemfontein). 2. Jan Olivier en Gideon Bans (Kroonstad)
Dubbelspel, vroue: 1. Carien Els en Amanda Fourie (Bloemfontein). 2. Debbie Barnard en Jani van der Merwe (Kimberley).
Enkelspel, vroue: 1. Juliana Olivier (Kroonstad). 2. Judy Marx (Welkom).
Enkelspel, mans: 1. Johan Benade (Welkom). 2. Jaco Jacobs (Bloemfontein).
Meeste 180’s: Johan Benade (Welkom).
Hoogste sluiting: Franscious Oelofse – 151 (Bloemfontein). Hoogste Cherry-sluiting: Eddie Burger – 70 (Bethlehem).