E Copy

Date:

Speelparke kry nuwe baadjie

Die breë publiek, veral kinders in Mangaung, kan daarna uitsien om die komende feestyd heerlik in munisipale speelparke in die stad te baljaar. Die Mangaung-metro is in die proses om sy 154 parke op te gradeer.

Woordvoerder van die Mangaung-metro, Qondile Khedama, sê geld uit die metro se begroting is beskikbaar gestel vir die opknap van alle speelparke in die metro. Hy het egter nie aangedui hoeveel geld beskikbaar gestel is nie.
‘n Plaaslike konstruksie-maatskappy, RTT, is aangestel om onder meer speelrame in altesaam nege munisipale parke in die noordelike woonbuurte, wat gebiede soos Dan Pienaar en Heuwelsig insluit, op te knap en nuut oor te verf. Die speelparke het onder meer swaaie en glybane om die jongspan te vermaak. Selfs vullisdromme word geverf. Die apparate waarvan die verf al begin afdop het, kry ‘n nuwe baadjie in prettige, pienk, pers, groen en blou pastelkleure. Toesighouer van die RTT-konstruksiemaatskappy, Vincent Dube, sê die maatskappy moet die projek voor die einde van die jaar voltooi. Hy sê met die feesseisoen om die draai sal die opgeknapte munisipale parke veral kindergesiggies ophelder. Nog konstruksiemaatskappye is aangestel om parke in ander gebiede in die stad op te knap en speelapparate te verf.
Khedama sê dié insiatief is deel van die uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, se plan om geriewe vir die publiek te verbeter. Hy sê die metro besef dit is belangrik dat geriewe soos dié parke vir ontspanningsdoeleindes in ‘n goeie toestand is om ‘n “gesonde gemeenskap” te bou. Die speelparke bied aan inwoners die geleentheid om gehalte-tyd as gesinne deur te bring.
Fief van der Merwe, DA-raadslid van Wyk 20 (gebiede in Dan Pienaar, Heuwelsig en ‘n deel van Brandwag), het die opgradering verwelkom. Inwoners kan weer trots wees op hul woonbuurte en omgewing. Wanneer dié geriewe in stand gehou word, skep dit ‘n goeie indruk. Hy glo as die stad se parke netjies is, sal dit rommelstrooiers ook weghou. Van der Merwe doen ‘n beroep op inwoners om kwaaddoeners wat rommel strooi en toerusting beskadig by die nodige owerhede aan te gee.
Rossouw Botes, ook ‘n DA-raadslid in die metro, sê dit is noodsaaklik dat die opknappingswerk gedoen word veral met die oog op die komende feestyd. – Christal-lize Muller
christal-lize@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung to experience low pressure, supply cuts during reservoir maintenance

Residents in the Mangaung Metro are to take note...

Alice in Wonderland visits Bfn

The adaptation of the world-renowned production “Alice in Wonderland”...

Essential road safety tips for a safe Easter road trip in South Africa

As South Africans head out on their Easter road...

Man (64) arrested in Tumahole for possession of mandrax, crystal meth

A 64-year-old suspect was arrested in Tumahole following an...