Speelgoedliefhebbers uitgenooi na Poppe Skou

0
545
Marianne le Roux, die wenner van die laaste poppeuitstalling, saam met ‘n beoordelaar, Doretha Jacobs.

Om poppe te versamel blyk nie kinderspeletjies te wees nie, maar ‘n groepie Bloemfonteinse vrouens wat deel is van die International Dolls Collecting-Sphere doen dit met grasie.

Volgens die Voorsitter van die Old Dolls and Toys Klub, Betsie Roux, is daar 23 lede waarvan 14 lede aktiewe versamelaars van antieke en vintage poppe en speelgoed is. “Sedert die bestaan van die klub het die klub verskeie projekte onderneem en vir 2022 is die ‘Little Seamstress’ en die ‘Doll Show’/Poppe Skou die twee projekte wat vir die eerste helfte vir 2022 geidentifiseer is.”

Die Poppe Skou sal vanjaar in samewerking met die Oorlogsmuseum aangebied word en het ten doel om tred te hou met internasionale tendense waar “Doll Shows” jaarliks op grootskaal aangebied word. Tydens die skou sal 16 uitstallers in 20 kategorieë poppe en speelgoed uitstal.

“Hierdie bied ‘n geleentheid vir versamelaars om hulle poppe en speelgoed aan die breë publiek bekend te stel en om verder meer popspeel onder ons jeug aan te wakker en om die terapeutiese waarde van die positiewe interaksie van popspeel sy merkwaardige plek terug te besorg.

“Hierdie projek word in samewerking met die museum aangebied en sal beide museums, die Oorlogsmuseum en die Nasionale Museum in die stad, ook uitstallings aanbied wat poppe en speelgoed uit verskillende eras uitbeeld.”

Die Poppe Skou vind plaas by die Oorlogsmuseum op 24 Junie vanaf 13:00 tot 15:00 en op 25 Junie vanaf 10:00 tot 15:00. Besoekers sal ook poppe en bykomstighede by die skou kan koop. Vir meer inligting kan Roux gekontak word op 082 413 9275.

Sazly Moses

sazly@mahareng.co.za