Spanne in Super 6’e kriekettoernooi slaags

0
324

Die derde Super 6’e o.13 kriekettoernooi van Magalies en die Laerskool Fichardtpark vind Saterdag op die veld van die skool plaas.

Vanjaar sal agt spanne van sewe skole in aksie wees en die medediging gaan van 08:30 af gaan weer baie straf en interessant wees.

Die laerskole en spanne, wat in aksie sal wees, is: President Brand, St. Andrews, Willem Postma, Fichardtpark (twee spanne), Universitas (Tjokkies), Mangaung Centre of Excellence en Jim Fouché.

Die spanne sal om prysgeld vir hulm onderskeie skole van ’n R1 000 vir die bekerwenner en vir die plaatwenner vir hul onderskeie skole meeding. Al die spelers van die wenspanne sal ook ’n bottle Magalies vrugtesapkonsentraat ontvang.

Die twee titels wat op die spel is, sal deur Fichardtpark (beker) en Universitas (plaat) verdedig word.

Al die deelnemende spelers en hul afrigters ontvang ook pette, sweetbane en bottels vir onbeperkte vrugtesap gedurende die toernooi.

Elke span bestaan uit ses spelers wie elkeen, die paaltjiewagter inkluis, een boulbeurt per wedstryd sal afstuur. Elke wedstryd duur dus 12 boulbeurte elk.

Die spanne sal in vier wedstryde teen mekaar speel. Die wenners van die eerste rondte wedstryde sal deurdring na die bekerkompetisie, terwyl die ander vier spanne in die plaatkompetisie verder sal speel.

Volgens PJ Vermeulen van Magalies sal daar heeldag vir die toeskouers gratis sap asook braaiers en vure wees wat deur die toeskouers gebruik kan word.

Musiek sal ook verskaf word om ‘n heerlike feestelike atmosfeer te skep. Die prysuitdeling vind ongeveer om 13:30 plaas.