Sowat 300 kinders per jaar in VS met kanker gediagnoseer

0
Sowat 300 kinders per jaar in VS met kanker gediagnoseer

Owen Kock

Bloemfontein. – Soveel as 300 kinders word jaarliks in die Vrystaat met kanker gediagnoseer, terwyl die syfer op nasionale vlak in die omgewing van 2500 is.

Tans word net die helfte kinders landwyd gediagnoseer. Dis volgens die Vrystaatse bestuurder van die Childhood Cancer Foundation of South Africa, oftewel CHOC, se Nicolene van den Heever. CHOC vier op 15 Februarie Internasionale Kinder Kankerdag, en die doelwit is om kinders so vroeg moontlik te diagnoseer dat hulle die behandeling kan kry, sê Van den Heever.

“Ons ondersteun ook die Noord-Kaap, die Noordwes maar dis minder omdat hulle na Johannesburg of Pretoria gaan, maar meerendeels die Vrystaat. Ons ondersteun ook Lesotho want baie van hul kanker pasiënte word na ons verwys.

“Ons praat van gemiddeld nou so 300 per provinsie, behalwe die Noordwes. Dit klink min maar as jy die land bymekaar sit dan kom jy by ‘n skrikwekkende syfer uit,” het Van den Heever bygevoeg.

Sy sê verder dit is vir CHOC belangrik dat ouers bedag daarop moet wees as hul kinders probleme het en dan dadelik hulp gaan soek. Dit sal help dat kinders verwys kan word en indien kanker dan diagnoseer word, hulle so gou moontlik behandeling kry.

“In die Vrystaat-area is die Universiteit se Akademiese Hospitaal wat die verwysings-hospitaal is. Vandaar word hulle gediagnoseer en volgens die diagnose behandel. In elke provinsie is daar hulp en ondersteuning, en wat ons dan by CHOC doen, is ons help dan uit by die families wat gediagnoseer is,” het Van den Heever gesê.

Sy het die belangrikheid van vroeë diagnose beklemtoon en gesê die kinders is die land se toekoms en dit is die grootmense se plig om te sien dat hulle die reg het op ‘n gesonde lewe vorentoe.

No posts to display