Souttert

0
Souttert

Souttert

2 snye brood (wit of bruin)
1 gekapte ui
15ml kookolie
200g bevrore spinasie (blansjeer vinnig in kookwater, dreineer goed)
200g gerasperde kaas
4 eiers, geklits
500ml melk
  sout en varsgemaalde swart peper na smaak
2x410g    blikkies Weense worsies (kan een blikkie met 300g boeliebief vervang)
5ml mosterdpoeier
1 groot tamatie, geskil en gesny in medium dikte skywe

Metode:

  1. Krummel die snye brood. Braai die ui effens in die olie, kap die goed gedreineerde spinasie fyn en roerbraai saam met ui in pan.
  2. Meng nou al die bestanddele saam (vulsel) behalwe die eiers en melk, geurmiddels en skywe tamatie.
  3. Meng die melk, eiers en geurmiddels goed. Skep die vulsel-bestanddele in ’n geskikte, bottergesmeerde oondbak (20cm) en pak die skywe tamatie bo-op die vulsel.
  4. Giet nou die eier-melk mengsel bo-oor en bak vir 30 minute by 170°C

Opsioneel:
Voer die oondbak/tertbord uit met twee lae bottergesmeerde phyllo-deeg en skep die mengsel daarop. Bak soos wat resep verder voorskryf.

No posts to display