Sopkombuis in nood

0
4497

Die sopkombuis in Watkeystraat 12, Oranjesig is in nood. Vrystaat Versorging in Aksie, Bloemfontein-tak bedryf al jare die sopkombuis en is deur sakemanne, wat die nood raakgesien het, op die been gebring.
Tans voorsien die sopkombuis kos drie maal per week aan ongeveer 80 persone. Dit was aanvanklik vyf dae per week, maar ongelukkig vanweë hoë kostes en die resessie moes die organisasie dit afskaal na drie dae per week. Die sopkombuis ontvang geen geld vanaf die staat nie en is totaal afhanklik van donasies en skenkings.
Daarom vra hulle die hulp van die Bloemfontein-gemeenskap. Die organisasie is opsoek na borge wat ‘n sopkombuiskliënt kan borg vir ‘n maand en ook vrywilligers wat bereid is om ‘n handjie by te sit in die sopkombuis. Enige skenkings van onbederfbare voedsel asook vleis, hoender en kontantskenkings is baie welkom.
Die bestuur van die organisasie bedank ook gereelde skenkers en donateurs vir hulle ruim skenkings. Vir enige donasies is die bankbesonderhede: Vrystaat Versorging in Aksie, ABSA bank, rekening nommer 470 600 888, kode 632005 of skakel Mirinda van Tonder by 076-376-0927 of by 051-447-1838.