E Copy

Date:

Sooliman positief Al-Kaïda sal kontak maak

Owen Kock

Bloemfontein. – Daar is nog geen nuwe nuus oor die oud-Bloemfonteinse onderwyser Pierre Korkie, wat in Jemen deur Al-Kaïda gyselaar gehou word nie.

Volgens Gift of the Givers se Imtiaz Sooliman, wie se organisasie om Korkie se vrylating onderhandel, verwag hulle om binne die volgende paar dae nuus oor die jongste verwikkelinge te hê.

Sooliman het vanoggend aan Courant gesê hy was in kontak met hul hoof-onderhandelaar, Anas Al-Hamati, wat vir Korkie se vrou Yolandé se vrylating onderhandel het, en hulle is positief dat Al-Kaïda, wat meer as R32 miljoen losprysgeld eis, binne die volgende paar dae met hulle kontak kan maak.

Die Korkies is in Mei verlede jaar in Taiz gyselaar geneem, Yolandé is in Januarie vrygelaat.

Al-Kaïda het op ‘n vorige geleentheid beweerdat Al-Hamati die losprysgeld wat die Suid-Afrikaanse regering na bewering vir Korkie se vrylating betaal het, gesteel het. Al-Hamati en sy gesin moes toe na Doebai vlug omdat hy met die dood gedreig is.

Share post:

Popular

More like this
Related

School principal among 10 arrested for mob justice murder in Namahadi

A joint operation by Namahadi police, detectives, Phuthaditjhaba Crime...

Ward 46 embarks on second protest

Frustrated residents of Ward 46 gathered in numbers and...

Mangaung Social Development offices relocate to Batho Location

The Mangaung Department of Social Development Mangaung District Offices...

OFM deel in Afrikaans se eeu-feesviering

OFM het op 8 Mei 2025 saam met die...