Sonja Herholdt sing weer by Moments

0
245
Sanger, Sonja Herholdt, saam met On-Que wat ook by Moments 2019 gaan optree.

Beroemde sanger, Sonja Herholdt, sal hiedie jaar vir die vierde keer by die Moments-konsert optree. Sy is net so opgewonde as voorheen om die verhoog te deel met van die land se beste musikante. Herholdt het aan Bloemfontein Courant gesê dat die musiek by hierdie jaar se geleentheid siel en gees van almal wat dit bywoon, sal oplig. “Die musikante by Moments 2019 gaan, soos die Bokke, ‘n wêreldklas-optrede aan mense bied,” is haar woorde.

Herholdt sê dat daar iets vir almal sal wees by Moments. Afrikaanse en Engelse musiek, sowel as verskillende style musiek wat mense sal herinner aan hul kinderjare. Sy het ook vertel hoe trots sy is om saam met Willie Venter te werk. “Hy is lief vir Bloemfontein, en as hy iets doen, dan doen hy dit reg. Hy is ‘n regtig visioenêr en ‘n genie as dit by hierdie produksies kom. Hy het aan my gesê dat hierdie jaar se Moments-konsert beloof om groter as ooit te wees.”

Mense kan dié aand uitsien na die Top-30-liedjies  van bekende sangers oor die jare en nóg vele meer. Moments sal hierdie jaar op 23 November plaasvind by die Odeion-teater op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat. Mense wat graag die produksie wil bywoon, kan steeds kaartjies by Computicket koop. – SAZLY HARZTENBERG
sazly@centralmediagroup.co.za