Sondag maak sy deure in Gauteng toe

0
558

Owen Kock

Bloemfontein. – Die weeklikse koerant, Sondag, gaan sy Gautengse deure sluit.

Dié nuus is deur die koerant se redakteur, Peet Botma, aan Courant bevestig. Hy wou egter geen verdere kommentaar lewer nie, aangesien Minette Ferreira, die algemene bestuurder met die media oor die aangeleentheid sal praat. Sy was egter nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Een van die joernaliste, wat anoniem wou bly, het aan Maroela Media gesê daar is aan hulle gesê dat hulle óf pakkette kan neem, óf die maatskappy waaraan die publikasie behoort, Media 24, sal poog om hulle op ander plekke in die maatskappy te ontplooi.

Die joernalis het gesê hulle het vermoed dit gaan kom, maar nie so skielik nie.