E Copy

Date:

Solidariteit – Zuma moet eties optree en oppak

President Jacob Zuma is in ‘n moeilike posisie en is gebonde aan die voormalige openbare beskermer, Thuli Mandonsela, se aanbeveling in haar staatskapingverslag. In die verslag word aanbeveel dat Zuma binne 30 dae ‘n regterlike kommissie van ondersoek na staatskaping moet aanstel. Die hoofregter moet ‘n regter aanstel om die ondersoek te lei. Die kommissie het 180 dae om sy ondersoek te voltooi. Solidariteit se bestuurshoof, Dirk Hermann, sê Mandonsela het haar verslag uitstekend binne haar statutêre magte saamgestel. Hy sê Zuma is ondergeskik aan haar magte soos die geval was met die Nkandla-sage.

Daar sal baie sterk regstappe gedoen kan word indien Zuma nie die aanbeveling in die verslag uitvoer nie. Hy het nie ‘n ander keuse as om die aanbevelings te gehoorsaam nie.

Hermann sê daar is ook ‘n morele argument ter sprake. Zuma moet nou regmatig optree en sy pos ontruim hangende die ondersoek.

Dit is ‘n algemene praktyk in ondersoeke dat ‘n mens wat betrokke is en in die ondersoek geïmpliseer  word, tydelik geskors word hangende die uitkoms van die ondersoek. Dít is om te verhoed dat betrokkenes ‘n ondersoek kan belemmer, terwyl objektiwiteit behoue bly. – Christal-Lize Muller

 

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...