Solidariteit kap die staal- en ingenieursbedryf oor oudit

0
355

Die vakbond Solidariteit het gister  in ? brief aan die departement van arbeid en die Bedingingsraad van die Staal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) daarop aangedring dat die uitslag van departementele oudit van Solidariteit se ledetal in dié bedryf  hersien moet word.

Solidariteit meen ‘n foutiewe syfer word gebruik en die vakbond dring nou daarop aan dat die departement nie besluite neem wat op die verkeerde syfers gegrond is nie.

Dit kom nadat die MEIBC die uitslag van ? nuwe oudit bekend gemaak het wat nie die amptelik erkende ledegetal van Solidariteit insluit nie. Die departement onderskat Solidariteit se ledetal in die MEIBC met meer as die helfte, aangesien Solidariteit werklik meer as 24 000 lede in die MEIBC het, in teenstelling met die departementele syfer van slegs 12 000.

Solidariteit se Marius Croucamp sê dit is enersyds nie duidelik hoe die ouditsyfers bereken is nie. Hy sê dit is ook nie duidelik watter raamwerk vir die oudit en die resultate gebruik is nie.

“Na ? interne proses waartydens ons ledetal in die MEIBC nagegaan is, het ons bevind dat ons inderdaad ? totaal van meer as 24 000 lede in daardie bedryf verteenwoordig. Die MEIBC of sy komitees kan dus nie die resultate van die departement van arbeid se oudit as grondslag gebruik om enige besluite te neem nie. Dit is in die hele bedryf se belang dat korrekte syfers deurentyd gebruik moet word.” 

Croucamp sê  Solidariteit het die departement en die MEIBC gevra om die oudit se resultate met betrekking tot Solidariteit se ledetal in die bedryf te hersien. 

“Ons gee die departement en die MEIBC tot die einde van die besigheidsdag op 10 September m aan ons ? onderneming in verband hiermee te gee." Volgens Croucamp sal Solidariteit voortgaan met ? hofaansoek ten einde ? hofbevel hieroor te bekom as geen terugvoer ontvang is nie. 

Solidariteit