E Copy

Date:

Solidariteit en MTN volg proses oor beplande afleggings

Christal-Lize Muller

Die vakbond Solidariteit en die selfoonreus, MTN, het vandag koppe bymekaar gesit oor die diensverskaffer se beplande afleggings. Dit kom nadat MTN aangekondig het hy beoog om van sowat 847 personeellede in bestuursposte ontslae te raak.

Die afleggings is glo weens die maatskappy se swak opbrengste en ekonomiese groei. Solidariteit se Marius Croucamp sê MTN gee sy samewerking en ‘n deursigtige proses sal gevolg word. Volgens hom is ook voorgestel dat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) dié proses moet fasiliteer.

Volgens Croucamp is Solidariteit in die proses om ‘n lys met kwessies, wat verband hou met die wet op arbeidsverhoudinge, af te handel. Dit sluit onder meer die vasstelling van MTN se geldelike posisie in.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...