Solidariteit bekommerd oor afleggings by myn

0
181

Die vakbond Solidariteit sê die Kumba Iron Ore-myn in Kathu se plan om meer as 600 werknemers af te dank, ondanks die myn se winsaankondiging verlede jaar, wek kommer.

Riaan Visser, adjunk-hoofsekretaris van mynbou, landbou en chemiese nywerhede by Solidariteit, sê indien die myn voortgaan met sy plan sal minstens 653 gesinne hieronder lei.

OFM-nuus berig die myn – ‘n filiaal van Anglo American – het Vrydag bevestig dat dit ‘n doelgerigte konsultasieproses begin het met werkers wat moontlik deur die afleggings geraak gaan word.

Sinah Phochana van die myn sê hulle moes hul strategie implementeer om marges te verbeter, wat die lewensduur van die myn verleng asook die maatskapy in staat stel om kostebeheer toe te pas.

Die maatskapy se aandele het Vrydag 8,24% opwaarts op R678,65 gesluit.

Roderick Titus