E Copy

Date:

Só maak ’n wenstreek!

Die Saidsa Techman-kompetisie het vanjaar in verskillende streke in Suid-Afrika plaasgevind, waar die topdrie van elke streek gedurende Junie nasionaal by Gallagher Estate gaan deelneem het.

Vir die eerste keer is die Vrystaat se eie Jaco Griesel van Bloemsec deel van die topdrie. Die nasionale kompetisie het 12 deelnemers gehad en Griesel het die derde plek in Suid-Afrika verower, wat hom die wenner van die Vrystaat-streekskompetisie maak.

Jaco Griesel (in die middel) Met verskeie rolspelers. FOTO:VERSKAF

Woordvoerder van Bloemsec, Liesel Thomas, het genoem dat tegnici ’n indringeralarmstelsel, bestaande uit tien produkte, op ’n vertoonbord moes bedraad met streng beoordelingskriteria. “Die tegnici moes volgens SAIDSA se minimum installasiestandaarde binne ’n spesifieke tyd elke produk beplan, bedraad, merk en aan ’n alarmbeheerpaneel installeer,” noem Thomas.

Griesel sê hy het baie uit hierdie geleentheid geleer. “Ek sien daarna uit om volgende jaar ander tegnici en spanne te help om hul doelwitte te bereik,” noem Griesel.

Die topdrie-wenners het ’n kontantprys en sertifikate ontvang. Dit is ook nie waar dit eindig nie! Die tweede kompetisie wat SAIDSA vanjaar gehad het, was die Regional Reaction Mankompetisie.

Spanne van vier moes kompeteer in skiet, fiksheid, teorie, presisiebestuur en gymkanabestuur en Vusi Matsie van Bloemsec het die titel as Algehele Beste Reaksiebeampte gewen. “Die reaksiemanne het reeds baie pryse op streekvlak gewen, aangesien daar ’n topdrie in elke byeenkoms was, byvoorbeeld skiet, fiksheid, teorie en meer,” noem Thomas.

Liesel Thomas en Vusi Matsie. FOTO: VERSKAF

Die geleentheid het in Augustus by die Wilde-Als Skietbaan plaasgevind waar sewe reaksiespanne van SAIDSA Goedgekeurde Maatskappye meegeding het.

Thomas noem verder dat die topvier-spanne in elke streek op 19 September by Zwartkops in Centurion aan die nasionale kompetisie sal deelneem waar 16 reaksiespanne van regoor SuidAfrika om die nasionale titel sal meeding.

 

 

 

 

Abigail Visagie

abigail@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...