So maak ’n 83-jarige!

0
1776
Smuts met haar kleinkinders.FOTO: Verskaf

Die 83-jarige Willemien Smuts van Bloemfontein het bereik wat die meeste mense as onmoontlik beskou.

Sy het nie net aan 22 Twee Oseane-marathons deelgeneem nie, sy het ook aan 9 half-marathons, sowel as aan vier proeflopie- Twee Oseanemarathons deelgeneem.

Om haar 70ste verjaardag te vier, het Smuts vir die twintigste keer in haar lewe aan die Twee Oseaneultramarathon deelgeneem.

Willemien Smuts van Bloemfontein neem nogsteeds deel aan die Two Oceans marathon. FOTO: Verskaf

“My motivering is normaalweg gesondheidsgeoriënteerd. “Ek wil so gesond as moontlik bly en konstante gebruik van medikasie vermy. My tekkies is my vorm van medikasie,” spot Smuts.

Smuts het aan vanjaar se Twee Oseane-marathon deelgeneem en die 21 km-afstand gehardloop. Sy het genoem dat sy dit verfrissend vind.

“Sodra ek dink ek het die afstand voltooi, dan val dit my op dat ek nog ’n afstand het om af te lê. Die wedloop was gevul met adrenalien en ek het dit geniet,” het Smuts gesê.

Smuts noem dat dit baie belangrik is om baanoefening te doen. “As jy landloop doen, is dit altyd verkieslik dat jy vroeg voor die tyd oefen vir dit. Jy moet seker maak dat jy jouself goed voorberei vir landloop.”

Die 83-jarige Smuts is tans besig om haarself voor te berei vir ’n volgende wedloop en oefen hard om sterk te wees sodat sy medikasie kan vermy.

Abigail Visagie

abigail@mahareng.co.za