Slowenië klop vir Suid-Afrika 4-1 in Euro/Afrika Groep Een Davisbeker kwalifiseerder.

0
389
MORGAN PIEK

Bloemfontein – ’n Sterk Sloweense span het Suid-Afrika met 4-1 geklop om hul plek in volgende jaar se Davisbeker Euro-Afrikagroep 1 te verseker.

Janez Semrajc se skoonstelle-oorwinning oor Suid-Afrika se Rik de Voest het verseker dat die tuisspan met 4-0 voorloop, met net nog een enkelspelwedstryd oor.

Suid-Afrikakaptein, John Laffnie De Jager, het Nikala Scholtz vir dié kragmeting teen Blaz Rola gekies.

Scholtz het die beseerde Ruan Roelofse vervang.

Die wedstryd het egter net vyf potte geduur, toe Rola weens ’n besering handdoek ingegooi het. Hy was in daardie stadium met 3-2 voor. Die Suid-Afrikaners het daarmee een punt verdien.