E Copy

Date:

Slag van Mangaung-verhoor onderweg in Bloem

Christal-Lize Muller

Hofverrigtinge teen die hoogverraad-beskuldigde, Johan Prinsloo, het Maandag laat in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein hervat.
Staatsgetuie, Mnr. B, ‘n voormalige werknemer van die beskuldigde, is deur Johann Nel vir die verdediging kruisondervra.
Mnr. B het aan Nel erken dat die beskuldigde al op meer as een geleentheid met hom oor wapens en plofstof gepraat het. Mnr. B, ‘n voormalige werknemer van Prinsloo se begrafnisonderdeming Rest in Peace, het aan die hof vertel dat Prinsloo in 2012 dié gesprekke met hom gevoer het. Hy sê dat hy hom egter nie veel aan die vrae gesteur het nie en ook nie daarop geantwoord het nie. Hy het verder getuig dat Prinsloo op 14 Desember 2012 vir hom gevra het of hy plofstof in die hande kon kry en meer spesifiek, mortiere.
Prinsloo, Mark Trollip, Martin Keevy en Hein Boonzaaier is in hegtenis geneem in verband met ‘n plan om afgevaardigdes by die ANC se 2012-Mangaungkongres aan te val. Trollip het skuldig gepleit op ‘n klag van sameswering en is in Oktober verlede jaar agt jaar tronkstraf opgelê. Keevy is ongeskik verklaar om verhoor te word en alle klagtes teen Boonzaaier is teruggtetrek.
Prinsloo staan tereg op aanklagte van hoogverraad, sameswering om aan terroristiese bedrywighede deel te neem en die onwettige besit van ammunisie.
Die verhoor duur voort.

christal-lize@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...