Skuif van Springbokke en Argentinië se wedstryd nie goed vir Bloem

0
Skuif van Springbokke en Argentinië se wedstryd nie goed vir Bloem

Die Bloemfonteinse Kamer van Handel en Nywerheid het vandag bevestig dat as die Rugbykampioenskap-wedstryd tussen die Springbokke en Argentinië na Johannesburg verskuif word, dit finansiële implikasies vir Vrystaters sal inhou.

Dit is volgens Nancy de Sousa, president van die Bloemfontein se Kamer van Handel en Nywerheid. Dit kom nadat SARU verlede week aangekondig het dat die regering die wedstyd van Bloemfontein na Johannesburg wil skuif om spesiale eer aan oud-president Nelson Mandela te betoon deur ‘n dag van sport by Soccer City te reël waarby beide die Springbokke en Bafana Bafana sal speel

De Sousa sê die besluit sal nie goed wees vir plaaslike besighede nie.
Die Vrystaat Rugbyunie was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

No posts to display