E Copy

Date:

Skootrekenaar in, papier uit vir UV se mediese studente

Die eerste groot stap na ‘n papierlose lesingomgewing vir die Skool vir Geneeskunde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het in Julie 2013 afgeskop met die oorhandiging van skootrekenaars aan alle eerstejaar- mediese studente.
Die oogmerk is om die volle voorgraadse mediese program binne ‘n paar jaar rekenaargedrewe te maak en van papier in die klaskamer ontslae te raak.
Prof. Pieter Nel, Programdirekteur: Gesondheidswetenskappe van die skool in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, sê:“Sover ons kennis strek, is hierdie aksie die eerste van sy soort in enige mediese skool in Suid-Afrika waar ‘n hele klas van rekenaars vir hierdie doel voorsien word. Ons dra ook nie kennis van iets soortgelyks binne enige program binne enige ander fakulteit by enige universiteit in Suid-Afrika nie.”
Al eerstejaar- mediese studente het ‘n skootrekenaar ontvang. Die UV fasiliteer die proses sodat die studente rekenaartoegang via hul eie skoorrekenaar kan kry. “Die rede hiervoor is dat die voorgraadse mediese program voortaan in geheel rekenaarmatig aangebied gaan word. Studente sal dus in al hul kontaksessies met hul skootrekenaars werk.”
Die hele gebou waar die studente klasloop, is met Wi-Fi toegerus. Die studente koop die rekenaars teen ‘n baie laer bedrag as wat in die handel beskikbaar is.
Prof. Nel sê drukkoste aan diktate kan soveel as R5 000 oor ‘n student se voorgraadse studiejare beloop.
Eerstejaarstudente sal in die komende jare skootrekenaars ontvang sodat die hele voorgraadse mediese program binne ‘n paar jaar ten volle op rekenaar geskied, sê prof. Nel.
Tydens die oorhandiging van die eerste skootrekenaars, het prof. Gert van Zyl, Dekaan: Fakulteit Gesondheidswetenskappe, genoem dat hierdie aksie ‘n groot stap vorentoe is om die voorgraadse opleiding van mediese studente in die fakulteit te moderniseer.

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...