Skoonheid van VS straal uit musiekvideo

0
180
Charné Vermeulen, beter bekend as Fay Lamour FOTO: Andria Vermeulen

Die nuwe Free State of Mind-musiekvideo van plaaslike kunstenaar, Charné Vermeulen (beter bekend as Fay Lamour), fokus nie net op haar tuisdorp nie, maar is ook ‘n toonbeeld van die skoonheid wat die Vrystaat bied.

Volgens Vermeulen maak dié nuwe musiekvideo, wat op 19 Maart 2021 vrygestel is, gebruik van plaaslike talent, besighede en plekke. “Ek wou wys hoedat ‘n mens vry kan kom van onderdrukkende beperkinge wat deur die gemeenskap op jou lewenswyse, gedrag of sienings afgedruk word… deur net te wees wat jy wil wees,” sê sy.

Die nuwe musiekvideo is die eerste vrystelling van haar derde EP, getiteld “Make Friends with your Problems”, wat in Juliemaand uitkom. Die genre van die nuwe lied/musiekvideo val onder Alt Noise /Jazzhop.

Vermeulen se nuwe musiekvideo is reeds meer as 2000 keer gekyk. Free State of Mind is beskikbaar op Spotify, Apple Music, iTunes, Amazon Music, Deezer, Tidal en Pandora.

Volg Vermeulen op sosiale media @Fay.Lamour vir meer.

Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za