Skoolbeheerliggame kan nou aanlyn leer

0
148
Stefan Oberholzer (links) van die diensverskaffer Weavind Online skud blad met Riaan van der Bergh, Fedsas se Bestuurder: Onderwystegnologie.

Gehalte-onderrig in skole is afhanklik van die gehalte van opleiding van onderwysers, maar ook van ander rolspelers in die onderwysketting.

Luidens ‘n persverklaring, bied die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) se E-leer-platform toegang tot aanlyn-kursusse om rolspelers beter toe te rus vir die uitdagings van skoolbeheer en bestuur aan skoolbeheerliggame, ouers en personeel.

Die E-leer-platform is gister in Sandton bekend gestel. Luidens die persverklaring, is die E-leer-platform ʼn inisiatief van die Fedsas se Sentrum vir Tegnologie, wat ʼn jaar gelede deur Fedsas gevestig is.

Volgens die adjunkhoof van Fedsas, Jaco Deacon, is hulle baie opgewonde oor hierdie belegging. “Dit bied toegang tot insiggewende kursusse via ʼn wêreldklas-leerbestuurstelsel, “verduidelik hy.

Deacon sê hoewel persoonlike interaksie met lidskole en rolspelers altyd ʼn prioriteit vir Fedsas sal wees, voorsien hierdie platform in die behoefte aan vinnige en maklike toegang tot opleiding en steun.

Fedsas se Sentrum vir Tegnologie word as ʼn aanlyn-platform gehuisves en is beskikbaar by www.fedsastech.org.za. Meer inligting oor die FEDSAS E-leer-platform is beskikbaar by https://fedsas.education.rocks/info@bloemfonteincourant.co.za

info@bloemfonteincourant.co.za