Skoner, veiliger Uitsig beplan

0
421

Gemeenskappe in Bloemfontein maak al hoe meer op hul woonbuurt-assosiasies staat om woonbuurte skoon en netjies te hou en ook om misdaad te bekamp.

Die idee van hierdie tipe assosiasie het vanaf ander gemeenskappe oorgespoel na Uitsig en nou wil dié gemeenskap ook saamstaan om hul buurt skoon te maak en te hou, en sovêr moontlik hul inwoners se veiligheid te verseker.

Daar is reeds sowat 40 lede wat belangstel en wat besig is om die assosiasie te skep sodat daar nie langer gesloer word daarmee om in Uitsig ‘n verskil te maak nie. ‘n Beroep is egter op ander inwoners gedoen om ook by die groep aan te sluit sodat werk in alle erns kan begin.

Uitsig-inwoners word uitgenooi na ‘n vergadering om hul eie woonbuurt-assosiasie te stig. Die vergadering sal op 24 Mei om 18:00 by die NG Kerksaal in Werdasingel gehou word.

Jeretha Oosthuizen

jeretha@mahareng.co.za