E Copy

Date:

Skole-rugbybeserings byna dubbeld dié van Superrugby

Die beseringstal van skolerugby in die Karoo-streek, is bykans dubbeld dié wat tydens die Super Rugbyseisoen voorkom.

Dit was een van die bevindinge van ‘n studie van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Afdeling: Sportgeneeskunde.

Die studie, onder leiding van dr. Louis Holtzhausen van die Skool vir Geneeskunde, het ook bevind dat ’n groot gedeelte van rugbybeserings by Suid-Afrikaanse skole nie behoorlik gemonitor en bestuur word nie en reeds skrikwekkende navolge gehad het.
In die studie is daar ongeveer 250 beserings per 1 000 speelure in skolerugby in die Karoo-streek aangeteken teenoor die beseringstal van 167 insidente per 1 000 speelure wat tydens Super Rugby voorkom.

Dr Holtzhausen sê, hoewel beserings uitstekend tydens nasionale skolerugbybyeenkomste gemonitor en bestuur word, word daar nie veel (en in sekere gevalle geensins) gefokus op die voorkoming, behandeling en bestuur van beserings tydens kleiner byeenkomste nie.

“In die meeste skolerugbywedstryde in Suid-Afrika is daar geen programme in plek om beserings te monitor nie. Individuele studies het hoë beseringsinsidente aangedui.”

Dr Holtzhausen sê daar was tussen 2008 en 2011 54 erge rugbybeserings in Suid-Afrikaanse rugby aangemeld, waarvan 7% noodlottig was. Sowat 26% hiervan het tot kwadruplegie gelei en sowat 31% tot neurologiese gebreke.
Nekbeserings is maklik om te identifiseer, maar traumatiese breinbeserings, wat harsingskudding insluit, word dikwels nie reg gediagnoseer en/of bestuur nie.

“Beserings in skolerugby word nie altyd (volledig) aangemeld nie, maar dit blyk hoog te wees. Beseringstalle in rugby het die afgelope 15 jaar toegeneem namate die sportkode al meer mededingend geword het.” – UVNUUS

Share post:

Popular

More like this
Related

Sudan Lions thriving at LIONSROCK Sanctuary one year after rescue

Just over a year after their rescue from a...

Mangaung’s green jobs initiative empowers over 700 residents through presidential stimulus

Over 700 participants have been deployed across Mangaung’s towns...

Bloem’s pet shops compliant, SPCA still recommends adopting

The Bloemfontein Society for the Prevention of Cruelty to...

‘Ontwikkel weer ’n trots vir Afrikaans’

Afrikaans, soos alle tale, het oor tyd ’n massiewe...