Skole Nuus / Schools News 2020-03-19

0
1683

Caculus College’s new leaders

The new Learner Representative Council at Caculus College are from the left, Lerato Rakaku (head girl), Bokamoso Matsabu (head boy), Paballo Rananai (deputy head girl), and Vuyo Jacobs (deputy head boy). Their main aim is to work with management in providing a conducive environment for teaching and learning. This will be done by bridging the gap between the school management team and learners’ needs through strategic liaising between both parties.

Eunice science and mathematics outreach

On Thursday, 27 February 2020, Eunice High School facilitated a maths and science outreach where learners from different schools were exposed to the teaching methods and tools used by Eunice teachers. Grade 11 learners from Atlehang Senior Secondary School and Tsoseletso High School were invited to complete their first physical sciences practical with ladies from Eunice, and their Grade 12 learners participated in a trigonometry maths workshop. 20 Learners from Atlehang were in attendance (10 for maths, 10 for physical sciences) and 30 from Tsoseletso (15 maths, 15 physical sciences).

Ryg die medaljes in

Die Hoër Meisieskool Oranje se atlete het ‘n algehele tweede plek en vier nuwe rekords op die Vrystaat-hoërskolekampioenskappe vermag. Oranje het in Sasolburg die naasmeeste goue medaljes van die 201 deelnemende skole verower. Daar is 20 goud, 8 silwer en 9 brons om Oranje-atlete se nekke gehang. Al drie aflosspanne het koning gekraai. Vier atlete spog nou met Vrystaatrekords. Hulle is van links Charné Wansbury (100m en 200m, o.15), Germarie Spershott (300m-hekkies, o.15), Johani van Tonder (verspring, o.16) en Cora Groenewald (verspring, o.19)

Oranje se lewensredders

Nege leerders aan die Hoër Meisieskool Oranje is vir die Vrystaatse lewensreddingspan gekies. Sulinke van der Berg het vir ‘n vyfde agtereenvolgende jaar die span gehaal. Die nege lede is van links, voor: Lara Delport, Guilma Lausberg, Mia van der Mescht en Miché Johns; agter: Anri Nel, Chloe Cilliers, Sulinke van den Berg en Mia le Roux. Afwesig: Chloë le Roux.

Sentraal se blitse

Atlete van Sentraal wat vir die Vrystaatse atletiekspan gekies is, is van links, voor: Eduard de Nysschen, Elaine Pienaar, Marne Smith, Hanco Smith, Khumo Pitso en Meyburgh Theron; agter: Sane Groenewald, Heike de Nysschen, SJ Fourie, Elri Groenewald, Jan- Louis Fourie en Danita du Plessis.