Owen Kock
Bloemfontein. – Die DA in die Vrystaat het vandag sy skok en verbasing uitgespreek oor die Mangaung-metro wat nog nie waterbeperkings ingestel het nie.
Rossouw Botes sê dit, nadat die stad reeds onlangs ‘n waterkrisis moes hanteer. Botes sê daar is by meer as een geleentheid vergaderings en lang gesprekke hieroor gevoer. Sy reaksie volg na die metro die waterbeperking-item van vanoggend se sakelys verwyder het.
Botes sê nie eens ‘n saak wat hulle in Januarie by die polisie aanhangig gemaak het, blyk die metro te pla nie.
"Die DA was geweldig verlig toe ons verlede gemerk het dat daar op die sakelys ‘n item is wat nou sal dien en waarin waterbeperkings voorgestel sal word. Enkele ure voor die vergadering is dit deur die speaker afgestel en verskuif na 7 Julie (vandag).
"Ongelukkig is die item weer onttrek, so met verbasing kan ‘n mens net vra wanneer gaan die erns van die saak hulle (munisipaliteit) tref dat ons nie genoeg water het nie," het Botes bygevoeg.