E Copy

Date:

Sjoe, dis my Pa!

Ds. STEPHAN VAN HEERDEN

As kind het ek op dié wyse na my Pa verwys: Hy was sterk en lank. Vriendelik, tog soms beduiweld. In al die seer van egskeiding en stukkende verhoudings het ek soms gedink aan die oomblikke waar ek net kon sê: “Sjoe, dis my Pa!”  Na al die jare sien ek dit by my eie kinders. Met trots praat hulle soms van my, al maak ek hulle ook soms kwaad. Al verstaan ek nie alles van jongmens wees nie, hoor ek tog die woorde van my kinders: “Sjoe, dis my Pa!” In Spreuke 17:6 lees ek: “Vaders is vir hulle seuns ’n sieraad.”
’n Mens sou dit anders kon beskryf: “Pa, jy moet vir jou kinders ’n trots wees”. Nou juis in hierdie tyd is dit so belangrik dat ouers en kinders mekaar moet respekteer en opbou. Ek het gewonder hoe ons ’n antwoord op die vraag sou kon kry. Die volgende opmerking het my laat dink: “Wil ek hê my seun moet soos ek wees?” Op ’n doodgewone manier het ek weer uitgekom by die opmerking aan die begin. Ek hoop dat my klein kinders ook eendag sal kan sê: “Sjoe, dis my oupa!”
Op hierdie wyse het ons in ons gesin gebou aan die sieraad, die edelstene in die kroon. Wat gebeur in jou gesin?

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...