E Copy

Date:

Situasie in Potchefstroom kalm

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ‘n voorval waarin ‘n Nigeriese burger se lyk vanoggend in Potchefstroom gevind is.

Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die man se lyk het op ‘n sypaadjie op die hoek van Eleazer- en Dwarsstraat in die Bult-gebied gelê.

Mokgwabone wou nie verder uitgewy oor die voorval nie.

Al wat hy wel gesê het is dat die oorledene na bewering voor sy dood in ‘n jaagtog met die polisie betrokke was. Hy is egter nie in hegtenis geneem nie.

Mokgwabone sê ‘n groep Nigeriese burgers was vanoggend by dié toneel byeen waarna hulle na die Potchefstroomse polisiekantoor opgeruk het.

Die groep is egter deur die polisie uiteen gejaag en het toe na die middestad beweeg waar hulle vullisdromme omgekeer het. Mokgwabone is nie seker waaroor die groep ontevrede is nie.

Volgens hom was die situasie teen 12:00 vandag onder beheer. Geen voorvalle van geweld deur die groep is by die polisie aangemeld nie.

Niemand is beseer nie. Mokwabone het ‘n ernstige beroep op inwoners gedoen om nie gerugte te versprei nie.

“As mense onseker is oor die situasie kan hulle die polisie bel om inligting te kry. Mense se veiligheid is vir die polisie belangrik, maar mense moet seker maak oor hul feite.”

Christal-Lize Muller/Courant Nuus

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern landfill in crisis as fires, dumping and diesel woes spark outrage

Bloemfontein's Southern Landfill site is buckling under pressure, with...

Mangaung starts roadwork project ahead of G20 Summit

In a bid to get the city ready for...

Policer officer accused in Kamogelo Baukudi case granted bail

The accused police officer, Sergeant Nzima Philemon Adoons, charged...

Public Outrage as Mangaung Metro Announces New Landfill Tariffs

Residents of Mangaung have voiced strong dissatisfaction following the...