Situasie by Motheo-kollege in Bfn kalm

0
1223
Die situasie by die Motheo-kollege in Bloemfontein vanoggend. Foto: Mark Steenbok

Studente by een van die TVET-kolleges in Bloemfontein is bekommerd omdat hulle nie kan registreer nie.

Dit, nadat die Suid-Afrikaanse studentevereniging vir verdere onderwys en opleiding bedrywighede by TVET-kolleges landswyd tot ‘n stilstand gebring het. Honderde studente is werkloos omdat van hulle na bewering tot sewe jaar vir hul sertifikate moes wag.

Die situasie by die Motheo-kollege in Bloemfontein was vanoggend rustig, waar tientalle studente by die kampus se ingang saamgedrom het.

Lede van die Studenteraad sê hulle ondersteun die nasionale agenda om aktiwiteite by kolleges, landwyd, te staak. Hulle is dit eens dat daar daadwerklik oplossings vir kwellende kwessies gevind moet word omdat dit hulle almal raak. Hulle sê hul is tans nog onseker oor presies hoe hulle hul solidariteit gaan toon.

Talle ander studente is egter bekommerd omdat hulle tans nie vir die 2017 akademiese jaar kan registreer nie. Hulle eis dat die kollege die registrasieproses na volgende week uitstel.

-Mark Steenbok