Maak gereed om jouself in die ryk kultuur en kleure van Mexiko te verdiep terwyl jy jou meesterstuk verf, want Brush & Beyond bied op 29 Junie ’n Mexikaansgeïnspireerde SipxPaint-ervaring by Urth aan.
Volgens Jade van Gensen, stigter van Brush & Beyond, skop hierdie spesifieke geleentheid hul ‘Around the world’ SipxPaint-geleenthede af waar alle materiaal verskaf sal word om te sien hoe jou Mexikaanse doek lewe kry.
“Geen spesifieke vlak van vaardigheid word vereis nie, aangesien ons SipxPaint-geleenthede vir plesier en ontspanning is, is enige ‘firsttimer’ welkom,” het Van Gensen gesê.
Sy het verder gesê dat Urth Nachos Mexicana en ’n Mexikaanse drankie sal bedien wat afhang van jou voorkeur – alkoholies of nie-alkoholies. “Alle ander drankies daarna kan by Urth gekoop word.”
Die geleentheid begin om 12:00 en die kleredrag is Meksikaans vir diegene wat gretig is. “Daar sal ’n prys wees vir ons bes geklede Mexikaan,” het Van Gensen gesê.
Sy het bygevoeg dat die dansvloer oop sal wees vir enigiemand om hul Mexikaanse fiesta-danspassies te wys as jy dapper genoeg is om dit te doen.
Kaartjies kos R300 per persoon en kan aanlyn of via WhatsApp by 083-706-9153 gekoop word.
Belangstellendes moet kennis neem dat kaartjieverkope 26 Junie sluit en dat geen verdere kaartjies ná daardie datum beskikbaar gestel sal word nie.
Justine Fortuin