E Copy

Date:

Shimlas, Ixias staal hulself vir taai buurstryd

Maandag sal daar groot Varsitybeker-aksie in Bloemfontein wees met die jaarlikse buurstryd tussen die verdedigende kampioene, die Universiteit van die Vrystaat Shimlas, en die Sentrale Universiteit van Tegnologie Ixias.

Die kragmeting, wat vanjaar op Shimla-park gespeel sal word, sal sonder twyfel ‘n taai stryd wees, en albei spanne sal ‘n punt hĂȘ om te bewys nĂĄ swaar nederlae tydens die vierde ronde van die reeks.

Die Shimlas het Maandagaand met 59-14 teen die Noordwes-Universiteit Arende in Potchefstroom vasgeval. Dit was die kampioene se tweede nederlaag van die reeks, nadat hulle tydens die eerste ronde deur Maties in Stellenbosch verslaan is. Hoewel die Shimlas behoorlik op die Fanie du Toit-veld geklop is, is hulle vierde op die punteleer en steeds sterk aanspraakmakers op die uitkloprondtes.

Die Ixias is op hulle beurt, veral in die tweede helfte, behoorlik deur die Universiteit van Pretoria Tuks ore aangesit in die swaar 63-24 pakslae op hul tuisveld. Die nederlaag was die Ixias se tweede agtereenvolgende groot nederlaag, nadat die Maties hulle die vorige week op die Danie Craven-stadion in Coetzenburg met 54-0 afgeransel het.

Met die Ixias wat tydens die eerste ronde met punte beboet is, en agtereenvolgende nederlae aangeteken het, is dit beslis ‘n moeilike seisoen vir die span, maar hulle het sonder twyfel geen motivering nodig wanneer hulle teen hul bure te staan kom nie.
Amper presies ‘n jaar gelede het die Shimlas die Ixias by die CUT-stadion met 59-40 geklop in ‘n wedstryd wat baie meer gelykop was as wat die telling voorgestel het.

Met die reeks wat vandeesweek verby die halfpadmerk is, sal elke wedstryd van nou af van kardinale belang wees. ‘n Mens kan Maandagaand niks minder as nog ‘n riller in Bloemfontein verwag nie.

Maandagaand se groot buurstryd op Shimla-park skop om 19:00 af. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Boikhuco Old Age Home to host fundraising gala dinner in Mangaung

The Mangaung Society for the Care of the Aged...

Planned power interruptions in the city from 25-27 March

Residents from various areas in the Mangaung Metropolitan Municipality...

Making the most of your bonus this bonus season

While December is known for South Africa’s traditional 13th...

Stand-up for mental health: Shampoonaiza and friends bring the laughs to Bloem

The Performing Arts Centre of the Free State (Pacofs)...