Shebe aangewys as FSFW-Ontwerper van die Jaar

0
2590
Gerhardt Shebe is besig om vinnig naam vir homself te maak.

Gerhardt Shebe is vanjaar aangewys as die Free State Fashion Week-Ontwerper van die Jaar.

Volgens Shebe is dit beslis die hoogtepunt van sy jaar.

Die jong ontwerper is oorspronklik van Bethulie in die Vrystaat af. Hoewel hy aanvanklik by ‘n sjefskool aangesluit het, het hy gou besef dat ontwerp sy eerste liefde is. Hy het toe by die Mode Akademie in Bloemfontein ingeskryf en is reeds in daardie jaar as Ontwerper van die Jaar aangewys. Hy ontwerp al sedert 2011 professioneel.

Shebe het onlangs deelgeneem aan die Free State Fashion Week wat in Bloemfontein gehou is. “Ek het slapelose nagte gehad oor hierdie modeweek. Dit was harde werk,” vertel hy.

Hy het 14 rokke ontwerp asook ‘n trourok. “Die rok wat gewen het, was my showstopper. Niemand het dit verwag nie.”

Gerhardt is aangewys as die FSFW-Ontwerper van die Jaar.

Volgens Shebe kry mense hul inspirasie van iewers af. Hy sê syne kom van sy oorlede ouma af. “Sy was my grootste fan en sy was altyd eerlik gewees. As die meisies begin gewig optel, dan was Ouma vinnig om dit vir hulle te noem.”

Gerhardt is reeds hard aan die werk vir Miss Free State-uitrustings, verskeie matriekafskeidrokke en skeppings vir vanjaar se Durban July, wat hy vir die eerste keer as ontwerper sal bywoon.

info@bloemfonteincourant.co.za