E Copy

Date:

Sewe vrae aan Jakkie Louw

1. Waar bly jy as jy in Bloem is?
Soms in ‘n gastehuis, maar die heel lekkerste plek (waar ek ook vanaand slaap) is by Ian en Jana du Plessis. Ek en Jana het sowat 3 jaar gelede by ‘n Relay for life-geselligheid ontmoet en ons het verskriklik goed gekliek.

2. Waar eet jy graag as jy in Bloemfontein is?
Picnic, sonder enige twyfel! Ek het vandag sommer ontbyt en middagete daar geëet. As ek in Bloem is, eet ek gewoonlik daar.

3. Wat weet jy van Bloemfontein?
Dat as jy dit as musikant in Bloem gemaak het, het jy dit in Suid-Afrika gemaak. Die gehore hier is baie eerlik en sal jou dadelik sê as daar iets is waarvan hulle nie hou nie.

4. As Jakkie Louw ‘n vrou moes wees, wie sou sy wees?
Beslis Melissa McCarthy van die film The Heat! Sy is legend!

5. Na watter vertoning op vanjaar se Vryfees gaan jy kyk?
Ek tree vanmiddag om 14:30 op en vlieg môreoggend vroeg terug huis toe. Ek wou graag Chris Chameleon se show gaan kyk het, maar ek sit nou hier by julle en gesels.

6. Is jy ‘n kat- of ‘n hondmens?
‘n Hondemens. Ek het net nog nie eintlik ‘n gevoel vir katte nie, my vrou is egter mal oor katte. Ek het ‘n verskriklike kwaai hond. Die buurman loop maar lig vir hom. Hy is waarskynlik bang Chicco sit in sy keel vas.

Linke (Jakkie se oudste dogtertjie) en Chicco.

7. Vertel ‘n bietjie meer oor die film, Die Spook van Uniondale waarin jy in eersdaags te sien is?
Ek speel die rol van Swys. Die fliek kom in Oktober uit en was groot pret om te maak. Ek het ook die temalied daarvan geskryf.

Kliek hier vir ‘n voorsmakie!
Spook van Uniondale

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Government launches campaign to combat child and teenage pregnancy

The Free State Provincial Government is taking decisive action...

Free State exceeds housing targets despite challenges

The Human Settlements Minister, Thembi Simelane, has committed to...

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...