Seun van vermoorde Barkly-Oos egpaar sterk goed aan

0
787

LANI FOUCHÉ

Dawie de Villiers, seun van die vermoorde boere-egpaar van Barkly-Oos, sterk steeds goed aan in die Mediclinic Bloemfontein.

Dit, nadat hy Vrydag bonop longontsteking ontwikkel het. 53-jarige De Villiers is twee weke gelede saam met sy ouers, Dawid en Ralie, in hul plaashuis op Broadlands oorval. Die egpaar is keelafgesny, maar Dawie het oorleef.

Hospitaalwoordvoerder Amanda Appelgryn sê hoewel hy steeds gesedeer en aan ‘n ventilator gekoppel is, is dokters tevrede met sy vordering.

"Sy mediese span is baie tevrede met hoe hy reageer wanneer hulle met hom praat.  Die sedasie word stelselmatig verminder en ons speen hom steeds stelselmatig van die ventilator af."

Die moordverdagte, Thulani Mkhentane (22), gaan môre in die dorp se landdroshof om borgtog aansoek doen.