E Copy

Date:

Seun kry sy pa se nier

DUANE PETRUS

‘n Bloemfonteinse tiener is tans besig om te herstel in ‘n Johannesburgse hospitaal nadat sy pa gister ‘n nier aan hom geskenk het.

Toe Johan Hoffman (14) sy ma vir die eerste keer na die operasie sien, wou hy net weet hoe dit met sy pa (Jaco) gaan. Jaco wou ook eers weet hoe dit met sy seun gaan toe sy vrou (Alta) hom gister na die operasie besoek het.

“Hulle lyk albei baie goed, alhoewel hulle nog in pyn is, maar minstens glimlag hulle darem,” sê Alta Hoffman.

Johann was toevallig in September met eindstadium-nierversaking gediagnoseer en dialysis moes dadelik begin het.

Hulle moes die operasie in Johannesburg doen omdat hulle nie ‘n pediatriese nierspesialis in Bloemfontein kon kry nie.

Hy word volgende week na die Morningside Medi-clinic in Johannesburg oorgeplaas, waar hy vir twee weke sal lê, en hul mediesefonds dek nie diè hospitaal nie.

Johan se huidige toestand laat hom nie toe om skool by te woon nie en het voor die operasie gesukkel om te loop.

In die maande wat voor lê moetl hulle gereeld Johannesburg toe reis vir opvolgings.

Alta sê hulle ondergaan vreeslike finalsiële uitgawes en hul mediese fonds is al uitgeput.

Johan se medikasie kos R150 000 per jaar en sal dit sy hele lewe lank moet gebruik.

Verskeie fondsinsameling projekte was al gehou om die uitgawes van die operasie te dek.

‘n Gholfdag salop 20 Junie gehou word en ‘n potjiekoskompetisie op 8 Augustus om fonds vir Johan in te samel.

Mense wat die familie wil ondersteun met die omkostes wat hulle moet dek, kan donasies in die volgende bank rekening maak:

FNB
Tak Nommer: 250655
Rekening nommer: 6237 9795 366

Share post:

Popular

More like this
Related

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...

Cheetahs eye redemption in SA Cup semi-final

The Toyota Cheetahs have their sights firmly set on...