E Copy

Date:

Ses spelers verleng kontrakte met Cheetahs

Die Toyota Cheetahs-losvoorspeler, Jeandré Rudolph, sien daarna uit om sy rugbyloopbaan by die Vrystaatse franchise voort te sit. Rudolph het ‘n kontrakverlenging van twee jaar met die span onderteken ondanks belangstelling van spanne wat aan die Verenigde Rugbykampioenskap deelneem.

Rudolph is een van ses huidige spelers wat hul kontrakte verleng. Dit sluit ook die vurige flank Gideon van der Merwe, die slot Rynier Bernardo en die senter Evardi Boshoff in. Die twee hakers, Chucky van der Westhuizen en Marnus van der Merwe, bly ook by die Cheetahs aan.

Rudolph het aan Bloemfontein Courant gesê hy geniet dit om sy rugby in Bloemfontein te speel.

“Dit is altyd lekker om ‘n bietjie langer by ‘n unie te bly, veral ‘n unie soos die Cheetahs,” het Rudolph gesê.

“Ek het die afgelope paar jaar my rugby hier baie geniet en die mense van Bloemfontein het my so verwelkom. Ek geniet Bloem en die omgewing by die Cheetahs baie, so ek sien uit na die volgende paar jaar en hopelik sal ons ‘n mate van grootsheid in daardie tyd bereik.”

Intussen sal die Amerikaanse internasionale skrumskakel, Ruben de Haas, terugkeer na die Cheetahs ná ‘n tydperk van twee jaar by Saracens in Engeland. Daar word verwag dat die Springbok Ruan Pienaar, wat 88 keer vir die Springokke uitgedraf het, sy stewels sal ophang wanneer sy kontrak einde Oktober verstryk.

De Haas, wie se pa Pieter en oupa Gerard ook vir die Vrystaat gespeel het, is na verwagting die plaasvervanger vir die legendariese skrumskakel. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...