Serenade kom Bloemfonteiners bederf

0
287
Die splinternuwe mannekwartet, Serenade, se debuutalbum, "Bly net lief vir my", is uiteindelik hier. Van links is Juandré van den Berg, Mynhardt Kruger, Frederick Dacomb en David de Wet.

Musiekliefhebbers in Bloemfontein is in vir ‘n groot bederf. Die vier manne van Serende, Juandré van den Berg, Mynhardt Kruger, Frederick Dacomb en David de Wet, is op pad na die Rosestad om gehore te trakteer met hul unieke stemme wanneer hulle op 29 Maart 2019 by die Aasvoëlklub optree.

Die gehoor sal kans kry om terug te sit en te ontspan terwyl die jong mans hulle op ‘n musikale reis neem deur ‘n keuse van ‘n paar gewilde liedjies sowel as oorspronklike, nuwe liedjies.

Serenade het hul eerste album in 2018 vrygestel. Hulle is nou terug met hul nuwe album, Bly lief vir my. Dié 14 snit-album is saamgestel deur verwerkte gunstelinge, maar bevat ook splinternuwe harmoniese skeppings.

Serenade bring ‘n verslawende mengsel van klassieke stemme en instrumente, saam met sterk elemente van pop- en selfs technoklanke na die musiektoneel. Die groep is gereed om die radiogolwe en verhoë regoor die land aan die brand te sing.

Belangstellendes kan kaartjies van die optrede by Aasvoëklub kry. – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za