‘Selfdoen is beter as niks doen’

0
527

Cheetah, die gewilde en geliefde gelukbringer (mascot) van die Vodacom Cheetahs, het op Saterdag 17 April sy lyf padwerker gehou toe hy saam met verskeie Cheetah-spelers, AfriForum se Sektor 3-tak in Bloemfontein, en die Hoërskool Jim Fouché se eerste rugbyspan slaggate in Gardeniapark opgevul het.

Volgens Ronel Pienaar, bestuurder: media en kommunikasie van die Vrystaat Cheetahs, was hul betrokkenheid by die opvul van slaggate in Gardeniapark gedoen onder die vaandel van hul Cheetahs for Change-veldtog. Hulle het betrokke geraak nadat hulle deur die Hoërskool Jim Fouché en AfriForum genader is.

Cheetahs for Change se volgende projek is die skoonmaak van die Clive Solomon-rugbystadion in Heidedal in Mei. Twee vorige pogings om dié stadion skoon te maak, moes weens reën gestaak word.