E Copy

Date:

Sekuriteitsmaatskappy en polisie werk saam om rowers vas te trek

Die sekuriteitsmaatskappy SBV in Bloemfontein werk nou saam met die polisie nadat een van sy veiligheidswagte gistermiddag in ‘n gewapende transitorooftog by ‘n bank by Prellerplein gewond is.

Die polisie het gister gesê een van die vyf rowers het die wag, wat saam met ‘n kollega die bank verlaat het, met ‘n 9mm pistool in die hand gewond. Bykans R900 000 is gebuit.

Die rowers het in ‘n donkerblou bakkie met ‘n Gauteng-nommerplaat op die vlug geslaan.

SBV se besturende direkteur, Mark Barrett, sê in ‘n verklaring ‘n risiko-en-nakomingspan is saam met die polisie by die ondersoek betrokke om die booswigte vas te trek.

Barrett sê misdaad en onveilige werkstoestande gaan nie geduld word nie. Hy het ook die veiligheidswagte wat beroof is, geloof vir hul toewyding.

Die maatskappy gaan om veiligheidsredes nie die toestand van die gewonde veiligheidswag bekend maak nie. Barrett het hom egter ‘n spoedige herstel toegewens.

Courant  se navrae oor moontlike inhegtenisnemings is nog nie beantwoord nie.  – Christal-Lize Muller 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...