Courant verneem dat die twee in ‘n motor voor die koshuis gesels het toe die rower op hulle toegeslaan is. Volgens Loader is universiteitkampusse dwarsoor die land kwesbare teikens vir misdadigers en sindikate en is die Kovsie-kampus steeds een van die veilige kampusse in die land.
Loader sê addisionele sekuriteitswagte is by die koshuis ontplooi en ‘n voltydse sekuriteitswag is by die toegangshek in Badenhorststraat aangebring. Daarby sal ‘n draaihek ook by dié voetgangershek installeer word en ‘n spreilig sal aangebring word om swak beligte areas rondom Roosmaryn te belig. ‘n Span bestaande uit verteenwoordigers van die SAPD en private vervoer- en veiligheidsmaatskappye sal saamgestel word om nog veiligheidsmaatreëls te ondersoek wat in plek gestel kan word.
Die UV ondersoek ook die moontlikheid om toegangsbeheer vanaf 18:00-06:00 by alle hekke van die hoofingangsroetes na die kampus toe te pas. Studente en personeel sal slegs met hul studente- of personeeltoegangskaarte gedurende hierdie tye die kampus kan binnekom. Maatreëls sal getref word rondom toegang aan besoekers tot die kampus.
Beide Rall en haar vriend is ongedeerd. Geen verdagte is nog in hegtenis geneem nie.