Sekuriteit op UV-kampus gereeld opgeskerp

0
632

DANIËL BEZUIDENHOUT

Veiligheid soos alles in die lewe moet voordurend opgeskerp word.  Die Universiteit van die Vrystaat het onlangs hul sekuriteit opgeskerp deur 35 paaltjies op die kampus te installeer. Die paaltjies is ‘n manier om studente in tye van nood te help en ‘n veilige leeromgewing te verseker.
Die paaltjies, wat rooi van kleur is, het ‘n kamera binne wat ‘n 360° foto neem van wat om dit gebeur en word met sonpanele van krag voorsien. Gelyktydig word die sekuriteitspersoneel in kennis gestel van die voorval. Dit alles onmiddelik as die panniekknoppie gedruk word.
Die paaltjies kan orlas op kampus gevind word. Daar is ‘n paaltjie voor elke koshuis en langs wandelpaaie.
Verder het die Universiteit 216 veiligheidsmoniteringskameras opgerig op die kampus terrein en veiligheidswagte patroleer die wandelpaaie gereeld om te verseker dat geen misdrywe gepleeg word nie.
Persone wat hulself nie kan identifiseer op kampus nie, sal met die Beskermingsdienste te doene kry. Hulle tree sterk op teen sulke individue. Personeel en studente word versoek om enige verdagte persone te rapporteer by die volgende noodnommer 051-401-2911.
Daar is vir damestudente fluitjies gegee om in tye van nood hulp te ontbied en studente wat nie op kampus bly nie se veiligheid word ook verseker deur die SAPD wat sekere strate patroleer.