Grey College Primary: Swimming
Grey College’s Xabiso Mtotoba, a learner in grade 6, competed at the Swimming South Africa Level 2 Championships, returning with a staggering six medals for his efforts. Xabiso was awarded bronze medals in the 50m breaststroke, 50m butterfly, 50m freestyle, and 100m breaststroke, as well as two silver medals for the 4×50m medley relay and the 4×100m freestyle relay.
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis
Die Sekondêre Meisieskool Oranje se eerste tennisspan is vir die vierdie agtereenvolgende jaar as wenners van die Nasionale All Girls’-toernooi in Kaapstad aangewys. Die span het hul tiende toernooi uit die laaste elf gewen met ’n 3-3 gelykopspel teen Rhenish Hoërskool, waar Oranje die beslissende dubbelspelwedstryd gewen het.
Hoërskool Sentraal: Hokkie
Die Hoërskool Sentraal se eerstehokkiespan het tydens die gesogte Wildeklawer se hokkiereeks in Kimberley uitgeblink. Nadat hulle in ’n spanningsvolle finaal teen die Hoërskool Noord-Kaap gelykop gespeel het, is die wedstryd met strafdoele bepaal en het Sentraal met 4 doele teen 3 gewen. Die wedstryd het oorspronklik 2-2 geëindig. Neil Möller is aangewys as Speler van die Wedstryd, en Christiaan van Aardt as die Doelwagter van die Toernooi.
Hoërskool Fichardtpark: Taekwondo
Die Hoërskool Fichardtpark se Danika Groenewald het met ses goue medaljes by die ATA Suid-Afrikaanse Cheetah Kampioenskappe weggestap. Sy het haar toekennings in die volgende afdelings verower: Traditional Forms, Traditional Weapon Forms, Sparring, Combat Sparring, Team Sparring, en Team Combat Weapon Sparring.
Eunice High School: Swimming
Eunice High School’s Leila Yazbek excelled in the girls u16 group at the South African National Junior Swimming Championships, winning five medals. Leila won a silver medal in the 100m freestyle race, followed by four bronze medals in the 50m freestyle, 200m individual medley, 100m butterfly, and 200m breaststroke.