Schools/Skole: 30 September 2021

0
752

Presteer by ATKV-kompetisie

Die Hoërskool Jim Fouché het op 11 Augustus aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem met die nuutgeskrewe teks Dra Ma, geskryf deur Jak J. Brits. Hier volg die uitslae: JF dring deur na die streekfinaal waar die skool die volgende toekennings behaal: Beste akteur: Jaano de Bruin in Top-3; Beste ondersteunende akteur: Iwan Crafford in Top-3; Beste ondersteunende aktrise: Chrizaan Raath in Top-3; Beste ensemble: Dra Ma in Top4; Beste tegniese aspekte: Streekswenner (Dra Ma); Beste verhoogbestuurder: Xander de Jager (wenner); Beste beligtingsoperateur: Rianette Kemp (wenner); Beste regisseur: Isabel Theron (wenner); Dra Ma: Naaswenners van die Vrystaat , Noord-Kaap-streekfees; Produksie as geheel: Silwer; Teks: Silwer; Regie: Silwer; Kostuum: Goud; Stelontwerp- en inkleding: Silwer; Stelbou: Silwer; Klankbaanontwerp: Brons; Grimering: Silwer; Verhoogbestuur: Goud; Beligting: Goud; Klankoperateur: Brons. Deelnemers voor van links is Marlé van der Merwe, Amei van der Nat, Madlé Nel, Isabel Theron, Natasha du Rand, Chrizaan Raath. Middel: Bianca Greybe, Anzel Schroder, Chané de Bruin, Zandri Ferreira, Rianette Kemp. Agter: Sumé Delport, Stian Brits, Iwan Crafford, Janco de Lange, Jaano de Bruin en Xander de Jager. Afwesig: Wilmari de Vos, Johané Prinsloo.

Onoorwonne op die hokkieveld   

Oranje se o.17A-hokkiespan het die Topskole-toernooi in die Paarl ’n tweede agtereenvolgende keer onoorwonne afgesluit. Die oorheersing word beklemtoon deurdat die span in 7 wedstryde net ’n enkele doel afgestaan en 49 aangeteken het. Oranje het Eunice Sondag in die eindstryd met 6-0 verslaan. In die halfeindronde was Collegiate met 5-0 aan die ontvangkant. Kayla Olivier (foto, 13 doele) is as die toernooi se voorste doelskieter aangewys.

Earning her stripes

Teagan Schoeman (Gr 3) from Saint Michael’s School for girls managed to secure her next grading in Tung Soo Do Combat fighting. She received her second white stripe for her green belt as well as her bong (stick fighting) badge.