Schools/Skole: 24 March 2022

0
565

Grey Kollege hou O/14 Rugbyfees

Grey Kollege het vanjaar sy eerste o/14 Rugbyfees aangebied. Die skool se o/14A en o/14B spanne het deelgeneem en hulle uitslae was as volg: o/14B span: wen Alberton 14A 39-5, wen Lichtenburg 14A 72-0, verloor teen Affies 14A 41-0 o/14 A span: wen Voortrekker 14A 40-0, wen Goudveld 14A 50-0, wen Noordheuwel 47-0.

SMS hockey a winner in East London

The St Michael’s School for Girls first hockey team played a great game against Cambridge High in East London this past weekend.

JF troon uit by karate

Christine Meyer van JF het die volgende uitslae behaal in karate: In die All styles Vrystaat proewe wat in Februarie plaasgevind het, behaal Christine eerste plek vir Kata en Kumite en kry sy weereens haar Vrystaatkleure. Christine het ook deelgeneem aan die SAJKA kompetisie in Februarie en sy het weer eerste plek behaal vir Kata en Kumite, en sy is die o/21 kampioen vir 2022 by Vrystaat JKA.

Rol in die medaljes!

Atlete van die Hoër Meisieskool Oranje het puik op die Nasionale Hoërskoleatletiekkampioenskappe in Germiston gevaar. Charné Wansbury het 4 medaljes verower. Sy was 3de in die 200 m (meisies o.17) en het saam met 3 aflosspanne op die podium beland.