Schools/Skole: 24 February 2022

0
396
PHOTO: iStock

Eunice learner excels

Linke du Toit (Grade 9) from Eunice High School achieved silver for long jump at the HTS Athletics meeting.

OMS-tennisspan wen vir ‘n derde keer

Oranje se 2de tennisspan het Saterdag vir ‘n derde keer agtereenvolgens (2019, 2021 en 2022) die Tjaart Vorstertoernooi gewen. Daar het tien meisiespanne in Cradock meegeding.Oranje, met drie Therons in sy geledere (wat die sussies Ameli en Danelle insluit), het Curro Durbanville in die eindstryd met 17 wedstrydpunte teenoor 10 geklop. Op pad na die eindstryd is daar ook seges oor Framesby, Voortrekker, Outeniqua en Merrifield behaal. Die spanlede is van links Zanel Philps, Ansoné Theron, Zané Volschenk, Mia Schimper, Nestine van Rooyen, Danelle Theron, Ameli Theron, Mev. Isabel Fichardt (afrigter), en mnr. Elandré Rheeder (spanbestuurder).