Schools/Skole: 23 September 2021

0
1033

Ding mee om nasionale kroon

Die 0.15-tennisspan van die Meisieskool Oranje het verlede naweek die provinsiale toernooi van die BNP Paribas Rising Star-kompetisie gewen. Die span dring deur na die nasionale toernooi waar hulle met die wenners van die ander provinsies sal meeding om die nasionale kroon. Die span is van links Donna le Roux, Ansoné Theron, Mia Schimper, Nina Schimper en Byron Wegger (spanbestuurder).

Toulopers onder die voorlopers

Op 11 Augustus het die Hoërskool Jim Fouché deelgeneem aan die ATKV-Tienertoneel. Die toneelstuk, Toulopers, is genomineer onder die Top 3-produksies vir beste ensemblespel in die Vrystaat. Die volgende toekennings is gemaak vir Toulopers: Silwer: Al die spelers vir ensemblespel; Silwer: Produksie Toulopers; Silwer: Regie (Michelle Joubert); Silwer: Stelontwerp en inkleding (Michelle Joubert); Deelnemers is voor van links, Elena van Zyl , Michelle Joubert. Tweede ry van links, Rieghart Becker, Niqlynn Coetzee, Hilton Bender; derde ry van links, Raldo Wessels, Lee-Ann Julyan, Irmarie Malan, Dian van Wyk. Agter van links, Christiaan Herholdt, Joshua van Zyl , Jandré van der Walt en Dian Diesel.

Top honours

Reikanya Saila from Saint Michael’s School for Girls took first place in the Free State Artistic Gymnastics competition. She has proceeded to compete for South Africa in October.

Top 14 finalists

Two learners from Bloemfontein High School have made their school proud in Volksblad’s Matriculant of the Year competition. Riandré Nel and Khahliso Mokitimi are both two of the Top 14 finalists of this prestigious competition. Riandré is this year’s head boy and Khahliso is a member of the Representative Council of Learners. Both intend to study at the UFS.