Schools/Skole: 22 April 2021

0
279
PHOTO: iStock

Vyf atlete van die Hoër Meisieskool Oranje het met medaljes in die sak van die Nasionale o.16-, o.18- en o.20-atletiekkampioenskappe in die Paarl vroeg in April, teruggekeer. Johani van Tonder het koning gekraai in die driesprong vir meisies o.18, terwyl Marilet Blom die vinnigste meisie in die land in die 300m-hekkies vir o.16’s is. Johani het ook ‘n vierde plek in die verspring vermag. Germarie Spershott is Suid-Afrika se naasvinnigste 400m-hekkiesatleet vir meisies o.18 en Carlé Stockenström het tweede gekom in die 800m vir meisies o.16. Germarie en Roline Louw was lede van die Vrystaatse 400m-aflosspan vir o.18 meisies wat derde oor die eindstreep is. Van links is Johani, Marilet, Carlé, Germarie en Roline.

Grey-kollege se eerste tennisspan het van 15–17 April 2021 aan die 16de Zest Gerrie Berner-toernooi in Stellenbosch deelgeneem en ‘n tweede plek verower. Hulle klop Oakdale 7-0 en Affies 6-1, waarná hulle in ‘n taai stryd seëvier oor Paarl Boys met 4-3.
In die semi-finaal klop die Grey-manne Kearsney Kollege met 4-0, maar val in die finaal vas teen die gasheerskool, Paul Roos, met 0-4. Van links is Jason Schimper, Ben Scholtz, Lieb du Raan, SP Viljoen, Nic Reis, Cornel Liebenberg, en Gerrie Henning. FOTO: MARNUS VAN WYK

Bloemfontein High School’s Junior Management Team decided to donate all the proceeds from their bake sale to their Community Committee who will now use these funds to buy food for students of the school who need it.

Henro Labuschagne from Saint Andrew’s took part in the SA National Junior Swimming  Championships. He came second in the 200m breaststroke and won bronze medals for the 200m freestyle and 100m breaststroke.